Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

6 spekvleisrepe, gekap

1 ui, gekap

5 takkies tiemie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) olie

500 g biefmaalvleis

250 ml (1 k) beesvleisaftreksel

5 ml (1 t) droë gemengde kruie

30 ml (2 e) tamatiepasta

500 ml (2 k) wit pastasous

sout en peper

2 lourierblare

GNOCCHI

3 aartappels

sout

1 eier

250 ml (1 k) meel

VIR VOORSIT

’n hand vol basilie

1    Voorverhit die oond tot 180 °C.

2    Plaas die spek, ui, tiemie en knoffel in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn gekap.

3    Verhit die olie in ’n braaipan, voeg die spekmengsel by en kook 5 minute of tot die ui sag is terwyl jy roer. Voeg die maalvleis by en kook 10 minute of tot verbruin terwyl jy met ’n houtlepel roer om enige klonte op te breek.

4    Voeg die aftreksel by en laat prut tot verminder. Roer die gemengde kruie, tamatiepasta en pastasous in en geur met sout en peper. Voeg die lourierblare by en kook 20 minute bedek.

5    Gnocchi: Kook die aartappels 40 minute of tot sag in kokende soutwater. Skep hulle een vir een met ’n gaatjieslepel uit die water, sit hulle op ’n snyplank en skil. Maak die aartappels fyn terwyl hulle nog warm is tot hulle lekker donsig en sonder klonte is. Laat sowat 10-15 minute afkoel.

6    Trek die afgekoelde aartappels in ’n hoop, bedruip met die eier en strooi die meel oor. Gebruik ’n spatel om die eier en meel by die aartappels in te werk. Vou tot die mengsel effens krummelrig is. Knie baie sagkens en voeg nog ’n bietjie meel by as die deeg te klewerig is. Die deeg moet klam wees, maar nie klewerig nie.

7    Sny in 10 stukke. Rol elkeen sagkens in ’n lang ,

8    Bring soutwater tot kookpunt in ’n groot kastrol. Kook sowat 20 van die gnocchi  op ’n slag. Hulle sal boontoe dryf sodra hulle gaar is. Skep ’n paar op ’n slag met ’n gaatjieslepel uit.

9    Vir voorsit: Verdeel die gnocchi tussen opdienbakke, bedek met die bolognesesous en garneer met basilie.