Genoeg vir 4 porsies

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 40-50 minute

125 g spekvleis, fyn gekap

1 blik (410 g) botterbone, gedreineer

200 g fetakaas, gekrummel

15 ml (1 e) vars pietersielie

30 ml (2 e) olyfolie

sout en vars gemaalde swartpeper

200 g grootskulppasta, gaargemaak

SOUS

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui, fyn gekap

1 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap

1 blik (400 g) gekapte tamaties

15 ml (1 e) tamatiepasta

5 ml (1 t) suiker

sout en vars gemaalde swartpeper

1 blik (410 g) gebakte bone

50 ml mozzarellakaas, gerasper

basilie vir garnering

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Verhit ’n pan en braai die spek tot bros. Dreineer op ’n stukkie kombuispapier en hou eenkant. Plaas die botterbone in ’n voedselverwerker en pols tot fyn.
  2. Meng die fyn bone met fetakaas, pietersielie, spek en olyfolie. Geur met sout en peper. Vul elke skulp met botterboonpasta en hou eenkant.
  3. SOUS Verhit die olyfolie en braai die ui en knoffel tot sag en geurig. Roer die tamatie, tamatiepasta, suiker, sout en peper daarby en laat prut sowat 10 minute. Gooi die gebakte bone by en laat prut nog ’n paar minute.
  4. Skep die sous in ’n groot oondbak of 4 kleiner oondbakke en rangskik die skulpe binne-in die sous. Sprinkel mozzarellakaas bo-oor die gevulde skulpe en bak 40 minute of tot gaar.
  5. Garneer met basilie.