Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 40-50 min.

BOTTERBOONMENGSEL

2 410 g-blikke botterbone, gedreineer

200 g fetakaas, gekrummel

15 ml (1 e) vars pietersielie

’n knippie gerookte paprika

30 ml (2 e) olyfolie

sout en vars gemaalde swartpeper

200 g groot pastaskulpe, gaargemaak

SOUS

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui, fyn gekap

1 knoffelhuisie, gekneus en fyn gekap

1 blik (400 g) gekapte tamaties

15 ml (1 e) tamatiepasta

5 ml (1 t) suiker

sout en vars gemaalde swartpeper

1 410 g-blik gebakte bone in tamatiesous

50 ml mozzarellakaas, gerasper

basilie vir garnering

  1. BOTTERBOONMENGSEL Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit ’n pan en braai die spek tot bros. Dreineer op kombuispapier en hou eenkant.
  2. Pols die botterbone in ’n voedselverwerker tot fyn. Meng die fyn bone met die fetakaas, pietersielie, paprika en olyfolie. Geur met sout en peper.
  3. Vul elke skulp met botterboonpasta en hou eenkant.
  4. SOUS Verhit die olyfolie en braai die ui en knoffel tot sag en geurig. Roer die tamatie, tamatiepasta, suiker, sout en peper by en laat prut sowat 10 minute. Voeg die gebakte bone by en laat prut nog ’n paar minute.
  5. Skep die sous in ’n groot oondbak of 4 kleiner oondbakke en rangskik die skulpe in die sous. Sprinkel mozzarella oor die skulpe en bak 40 minute of tot gaar. Garneer met basilie