Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

KRAGSOP

1 blik (400 ml) klapperroom

30 ml (2 e) kerriepasta

2 tamaties, gerasper

500 ml (2 k) visaftreksel

1 sitroengrasstingel

5 ml (1 t) gerasperde gemmer

2 knoffelhuisies, gekap

’n hand vol koljander

15 ml (1 e) vissous

1 brandrissie, gehalveer

250 g calamari-buise, skoongemaak

250 g steurgarnale, skoongemaak

500 g mossels, skoongemaak

1 Verhit die klapperroom saam met die kerriepasta terwyl jy roer tot glad. Roer die tamatie in en kook 5 minute.

2 Voeg die oorblywende bestanddele buiten die seekos by en laat prut 5 minute. Voeg die seekos by, verlaag die hitte, bedek en laat staan ’n paar minute of tot gaar.

3 Sit voor met rys en vars kruie.

- Hope Malau