Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Genoeg vir 6 mense

500 g maer beesmaalvleis

1 ui, gekap

2 selderystokke, in skywe gesny

2 wortels, geskil en in blokkies gesny

200 g sampioene, gekap

30 ml (2 e) meel

250 ml (1 k) beesvleisaftreksel

410 g (1 blik) tamatiepuree

2 lourierblare

500 ml (2 k) laevetmelk

45 ml (3 e) mielieblom

2 eiervrugte, in dun skywe gesny

2 tamaties, in skywe gesny

60 ml (¼ k) cheddarkaas

30 ml (2 e) parmesaan

1.    Voorverhit die oond to 180 °C. Sit die maalvleis in ’n braaipan oor medium hitte saam met die ui, seldery en wortels. Verbruin 10 minute terwyl jy die maalvleis kleiner breek.

2.    Roer die sampioene in en kook 5 minute. Strooi die meel oor die mengsel en roer deur. Roer die aftreksel en tamatiepuree stadig in, voeg die lourierblare by en laat prut 20 minute of tot dik.

3.    Maak ’n witsous deur 45 ml (3 e) melk in ’n bakkie met die mielieblom te meng. Verhit die res van die melk in ’n pot oor medium hitte en roer die mielieblommengsel deur tot dik.

Skep ’n laag eiervrugskywe in die pan en dan ’n laag maalvleismengsel. Herhaal en eindig met eiervrug. Giet die witsous oor en bedek met gesnyde tamaties. Meng die cheddarkaas met die parmesaan en strooi bo-oor. Bak 30 minute of tot goudkleurig bo-op.

- Hope Malau