750 g botterskorsie, in blokkies gesny

8 baba-uitjies, gehalveer

3 knoffelhuisies

’n paar takkies vars tiemie

Sout en peper

olyfolie

250 g repiespek

500 g tagliatelle of spaghetti, gekook

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Versprei die botterskorsie, uitjies, knoffel en tiemie op ’n bakplaat. Geur met die sout en peper en meng die olyfolie deur.
  2. Oondrooster ’n driekwartier tot gaar.
  3. Pak die spek op ’n bakplaat en rooster 10 minute by 230 °C of tot gaar en bros. Breek rofweg in stukke.
  4. Kook die pasta tot al dente en dreineer.
  5. Meng die groente en spek deur die pasta. Meng ’n ekstra bietjie olie deur, indien nodig.
  6. Geur met die sout en peper.