Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

500 g spaghetti

2 x 85 g-blikke gerookte mossels

15 ml (1 e) olyfolie

2 uie, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

45 ml (3 e) balsemieke asyn

5 ml (1 t) sagte bruinsuiker

handvol vars pietersielie, gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

ekstra gekapte pietersielie vir voorsit

  1. Kook die spaghetti tot al dente. Dreineer, maar behou 60 ml (¼ k) van die kookvloeistof.
  2. Dreineer die mossels; behou die olie. Verhit die behoue olie en die olyfolie in ’n pan en braai die uie en knoffel tot geurig.
  3. Voeg die asyn by en laat prut 2 tot 3 minute.
  4. Voeg die res van die bestanddele by en geur na smaak met die sout en peper.
  5. Meng die spaghetti en orige kookvloeistof deur die sous en sit voor saam met die ekstra vars pietersielie.