Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Ek het hierdie resep jare gelede by Barbara Joubert, die redakteur van Sarie Kos, gekry. Sy het dit op haar beurt by Italiaanse vriende gekry.

Die sous is baie eenvoudig, maar dit is propvol geur en die kersietamaties maak die allerlekkerste ryk en romerige sous. Dit is ’n reuse treffer elke keer as ek dit aan gaste voorsit.

100 ml olyfolie (gebruik die beste gehalte moontlik)

6 knoffelhuisies, fyn gekap

1 kg gemengde kersietamaties (verkieslik ryp)

sout en vars gemaalde swartpeper

250 ml (1 k) vars basilieblare

250 ml (1 k) parmesaankaas, gerasper

250 g spaghetti

ekstra basilieblare vir garnering

Verhit die helfte van die olyfolie en braai die knoffel en tamaties tot die tamaties begin oopbars.

Geur met dit sout en peper.

Druk die tamaties fyn met ’n aartappeldrukker en roer die res van die olyfolie daarby.

Voeg daarna die basilieblare en die parmesaankaas by.

Kook intussen die spaghetti tot gaar en meng die tamatiesous deur die pasta.

Sit dit voor saam met ekstra basilieblare.