Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

250 g maaskaas

2 eiers

375 ml (1½ k) parmesaankaas

400 g penne-pasta

30 ml (2 e) olie

5 knoffelhuisies, fyngemaal

1 blik (410 g) tamatiepuree

1 blik (410 g) gekapte tamaties

5 ml (1 t) suiker

5 ml (1 t) gemengde kruie

15 ml (1 e) droë basiel

sout en peper

10 ml (2 t) meelblom

250 ml (1 k) melk

250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Klits die maaskaas, eiers en 250 ml (1 k) van die parmesaankaas in ’n middelslag-bak.
  2. Bring ’n pot water tot kookpunt oor hoë hitte. Voeg die pasta by en kook 5 minute of tot die pasta begin sag word, maar nie gaar is nie, terwyl jy af en toe roer. Dreineer en sit eenkant.
  3. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Voeg die knoffel by en soteer 2 minute. Roer die tamatiepuree, gekapte tamaties, suiker, gemengde kruie en basiel in. Laat prut 10 minute of tot verdik. Geur met sout en peper en sit eenkant.
  4. Roer die meelblom in die melk in. Verhit in ’n pot oor matige hitte en roer tot verdik. Voeg die maaskaasmengsel by die verdikte melk en voeg dan die kaassous by die tamatiesous met die helfte van die mozzarellakaas.
  5. Roer die pasta in die sous in. Verdeel die mengsel in individuele oondvaste bakke en bedek met die oorblywende parmesaan- en mozzarellakaas. Bak ’n halfuur en geniet dit!

- Hope Malau