GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 50 min.

  • 500 g macaroni
  • 125 g salami, die helfte in blokkies gesny en die ander helfte in ronde skyfies
  • 4 eiers
  • 500 ml (2 k) melk
  • sout en peper
  • 250 ml (1 k) verouderde cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C Smeer ’n groot oondvaste bak

  1. Kook die macaroni in vinnig kokende soutwater tot net sag. Dreineer.
  2. Skep in die voorbereide bak en voeg die salamiblokkies by. Meng deur.
  3. Klits die eiers en melk goed saam en geur met die sout en peper. Giet oor die macaroni. Sprinkel die kaas oor en pak die salamiskyfies bo-op. Bak 40 minute tot die eiervla gestol het.
  4. Sit voor saam met tamatiesous.