2 groot eiervrugte, in skywe gesny

growwe sout

olyfolie

500 g maer beesmaalvleis

200 g (2 wiele) fetakaas

1 eier, geklits

125 ml (½ k) sagte broodkrummels

sout en peper

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Besprinkel die eiervrugskywe met sout en laat 30 minute in ’n vergiettes lê. Spoel af, maak droog, pak op ’n bakplaat en besprinkel met olyfolie. Oondbraai 15 minute tot gaar en sag.
  2. Meng die vleis, fetakaas, eier en broodkrummels en geur met sout en peper. Rol in balletjies en verkoel in die yskas.
  3. Pak die frikkadelle op ’n bakplaat en oondbraai 15 minute tot gaar.
  4. Draai ’n eiervrugskyf om elke frikkadel en steek vas met ’n peuselstokkie. Meng ’n bietjie basielpesto deur die spaghetti en sit dit saam met die frikkadelle voor.