4-6 eiervrugte, in skywe gesny

30 ml (2 e) olyfolie

45 ml (3 e) koekmeel

45 ml (3 e) botter

250 ml (1 k) melk

sout en peper na smaak

8 lasagnevelle

1 bottel (400 g) pastasous

250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Pak die eiervrugte op ’n bakplaat en besprinkel met olie. Oondbraai 20 minute.
  2. Maak ’n witsous van die koekmeel, botter, melk, sout en peper.
  3. Kook die lasagnevelle tot al dente.
  4. Stapel die lasagne, eiervrug, pastasous en witsous op bordjies in lae op mekaar.
  5. Sprinkel die kaas oor en oondbraai tot goudbruin.
  6. Sit voor met ’n groenslaai.