Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 45-50 minute

GROENTE

8 baba-eiervrugte, in kwarte gesny

2 uie, in kwarte gesny

45 ml (3 e) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

VLEIS

2 knoffelhuisies, gekap

500 g maer beesmaalvleis

15 ml (1 e) olie

30 ml (2 e) sojasous

PASTA

500 g penne-pasta, gekook en gedreineer

ekstra olyfolie

parmesaanskaafsels vir afronding

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. GROENTE Versprei die eiervrugte en uie op ’n bakplaat. Besprinkel met die olie, sout en peper en oondbraai 45 minute tot sag en gaar.
  2. VLEIS Braai die knoffel en maalvleis in die verhitte olie tot gaar. Voeg die sojasous by en geur met die sout en peper.
  3. PASTA Meng die eiervrug, uie en maalvleismengsel deur die pasta. Roer nog ’n bietjie olyfolie deur en sit voor saam met die parmesaanskaafsels.