Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20-30 minute

Staantyd: paar minute of oornag

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

KEBABS

400 g steak

1 rooi soetrissie

1 geel soetrissie

125 g sampioene

MARINADE

30 ml (2 e) balsemieke asyn

45 ml (3 e) olyfolie

sap en skil van een suurlemoen

30 ml (2 e) heuning

sout en vars gemaalde swartpeper

1 brandrissie, fyn gekap

PANNEKOEK

250 g spaghetti

4 eiers, geklits

80 ml room

80 ml cheddarkaas, gerasper

15 ml (1 e) Italiaanse pietersielie, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

olie vir vlakbraai

100 ml basiliepesto

KEBABS

Sny die steak en soetrissies in 2 cm-blokke.

Ryg die steak, soetrissies en sampioene op sosatiestokke.

Rangskik die kebabs in ’n plat glasbak.

MARINADE

Meng al die bestanddele vir die marinade en giet dit oor die kebabs.

Marineer ’n paar minute (of oornag).

Verhit ’n riffelpan en braai die kebabs ’n paar minute tot net gaar.

Geur met sout en peper en hou eenkant.

PANNEKOEK

Kook die spaghetti tot al dente en dreineer.

Meng die gaar spaghetti met die eiers, room, kaas, pietersielie, sout en peper.

Deel die mengsel in twee dele en verhit die olie in ’n pan.

Skep die een helfte van die mengsel in die verhitte pan, druk effens plat met ’n eierspaan en braai oor matige hitte tot gaar.

Draai die dik pannekoek om en braai aan die anderkant tot gaar en goudbruin.

Herhaal met die res van die mengsel.

Verwyder die pannekoeke uit die pan, sny in skywe en sit voor saam met die kebabs en basiliepesto.

- Bernice van der Merwe

18 Augustus 2011