GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaaktyd: 15-20 min.

15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

250 g maer beesmaalvleis

50 g tamatiepasta

1 blik (410 g) gebakte

boontjies in tamatiesous

15 ml (1 e) suiker

sout en pas gemaalde peper

tabascosous na smaak

100 g kersietamaties, gehalveer

500 g pasta, gekook tot net gaar

125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verhit die olie en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die maalvleis by en braai ’n paar minute. Roer die tamatiepasta deur en roerbraai tot gaar.
  2. Voeg die boontjies by en geur met die suiker, sout, peper en tabascosous. Roer die tamaties en pasta by en skep in ’n
  3. oondbak. Sprinkel die kaas oor (indien gebruik) en bak 15 minute of tot die kaas gesmelt het.
  4. Sit voor saam met ’n groenslaai indien verkies.