Die geheim van carbonara is die hitte van die pasta wat help om die eiers gaar te maak.

Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 2-2½ uur

1 gerookte varkskenkel (eisbein)

300 ml room

3 eiergele, geklits

50 ml parmesaankaas, gerasper

250 g spaghetti

sout en vars gemaalde swartpeper

vars roket of basilieblare

  1. Sit die varkskenkel in ’n groot kastrol en bedek dit met water. Bring die water tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut sowat 2 uur of tot gaar.
  2. Sodra die vleis lekker sag gekook is, laat die skenkel afkoel en verwyder die stukke vleis van die been. Jy benodig sowat 250-300 g vleis.
  3. Sny die vleis in dun stukkies.
  4. Giet die room in ’n pan en bring tot kookpunt. Verwyder die pan van die hitte. Roer die eiergele by die room en klits tot goed gemeng.
  5. Sit die vleis by die room-en-eiersous en sit die pan terug op die plaat. Verhit oor matige hitte en roer ’n paar minute. Moenie die sous kook nie; die eier moet stadig aan die hitte blootgestel word. Voeg die kaas by.
  6. Kook intussen die spaghetti tot al dente, dreineer en roer die gaar pasta by die sous.
  7. Verhit nog sowat 3-5 minute en geur met sout en peper.
  8. Skep die pasta in bakkies en garneer met roket of basilieblare en parmesaankaas.