Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

SOUS

1-2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties

30-60 ml (2-4 e) songedroogdetamatie-pesto

15 ml (1 e) gedroogde origanum

VULSEL

1 sakkie (50 g) droë sampioene, geweek in 250 ml (1 k) aftreksel gemaak met groenteaftrekselpoeier

1-2 blikke (185 g elk) tuna in olie, gedreineer, maar behou die olie

60 ml (¼ k) sagte broodkrummels

30-45 ml (2-3 e) basiliepesto

’n Paar swart en groen olywe, ontpit en gekap

CANNELLONI

1 pakkie (500 g) eier- of groen lasagnevelle

Gerasperde pecorinokaas

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak of twee kleineres.
  2. SOUS Kook al die bestanddele sowat 10 minute tot geurig. Hou eenkant.
  3. VULSEL Meng al die bestanddele. Klam dit met van die tunaolie aan om ’n pasta te vorm.
  4. CANNELLONI Week die lasagnevelle een vir een in kookwater tot plooibaar.
  5. Plaas ’n lasagnevel plat op ’n oppervlak en skep ’n strepie vulsel teen die een kant af.
  6. Rol op en laat lê met die voukant na onder op die oppervlak. Herhaal met die res van die vulsel en lasagnevelle.
  7. Skep ’n bietjie van die tamatiesous onder in die bak. Pak die lasagnebuise bo-op, giet die orige tamatiesous oor en besprinkel ruimskoots met die kaas.

Bak sowat 20 minute of tot die pastavelle gaar en die kaas gesmelt is.