Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30-40 minute

Lewer 6 pizzas

DEEG

1, 5 kg winkel-brooddeeg

VULSEL

1 eier

250 g growwe maaskaas

sout en vars gemaalde swartpeper

15-30 ml (1-2 e) tamatiepesto (opsioneel)

100 g spinasieblare, in dun repe gesny

1 blik (185 g) tuna, gedreineer

100 g baba-Roma-tamaties, gehalveer (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 190 °C.

Smeer ’n bakplaat.

DEEG

Rol die deeg dunner uit, sowat 3-5 mm, en druk sirkels van 15 cm in deursnee uit.

Pak op die bakplaat.

VULSEL

Meng al die bestanddele vir die vulsel.

Skep 45-60 ml (3-4 e) van die vulsel in die middel van die deeg, verf die kante reg rondom met water en vou die deeg toe om die vulsel.

Druk die kante vas met ’n vurk.

Bak sowat 30-40 minute of tot die kors gaar is.