Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

AMANDELRYS

375 ml (1½ k) rys

60 ml (¼ k) amandelvlokkies

15 g koljanderblare, grof gekap

CALAMARI

500 g calamari (buise,

tentakels en/of repe)

10 ml (2 t) olie

125 ml (½ k) soet sojasous

1 knoffelhuisie, fyngedruk

  1. Rys Kook die rys volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en hou eenkant.
  2. Rooster die amandels in ’n droë pan en meng met die koljander deur die rys.
  3. Calamari Braai die calamari vinnig in die verhitte olie. Voeg die sojasous en knoffel by en braai tot net gaar.
  4. Skep die rys in bakkies, gevolg deur die calamari. Skep enige orige sous oor en sprinkel ekstra vars koljanderblare en amandels oor.