30 ml olie

4 Russiese worsies, in ringe gesny

500 g hoenderborsies (sonder vel of been), in blokkies gesny

10 ml cajunspeserye

10 ml gekapte, vars of 5 ml droë salie

1 ui, gekap

4 selderystingels, gekap

1 rooi soetrissie, in repies gesny

2 knoffelhuisies, fyngekap

500 g fettuccinepasta

600 ml dun witsous

375 ml gerasperde mozzarellakaas

125 ml gerasperde parmesaankaas

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n diep oondvaste bak met botter.

Verhit die olie in ’n groot pan en braai die worsies, hoender, cajunspeserye en salie oor matig hoë hitte.

Roer gereeld en braai ongeveer 8 minute tot die hoender nie meer pienk is nie.

Skep die vleis met ’n gaatjieslepel uit en hou eenkant.

Soteer die ui, seldery,  soetrissie en knoffel in dieselfde pan tot sag.

Verwyder van die hitte en roer die vleis in.

Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak.

Dreineer, spoel met warm water en dreineer weer.

Bedek die boom van die bak met die pasta, skep die helfte van die vleismengsel en ’n derde van die witsous oor.

Herhaal die lae.

Bedek met ’n laag pasta en smeer die res van die witsous oor.

Sprinkel die mozzarella- en parmesaankaas oor en bak 50 minute in die voorverhitte oond of tot goudbruin.

Genoeg vir 8 mense.