500 g broccoli, kleiner gebreek

500 g macaroni, gaar

WITSOUS

45 ml (3 e) botter

60 ml (¼ k) meel

500 ml (2 k) melk

250 ml (1 k) gerasperde cheddar

Sout en peper

BOLAAG

125 ml (½ k) broodkrummels

15 ml (1 e) droëkruie

125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Stoom die broccoli.
  2. Witsous Smelt botter in kastrol, meng meel by, voeg melk by en roer. Voeg kaas by, geur met sout en peper.
  3. Meng broccoli, macaroni en sous; skep in oondbak.
  4. Bolaag Meng alles, sprinkel oor macaroni.
  5. Bak 25-30 min.