Genoeg vir 4 persone

4 hoenderfilette, in blokkies gesny

sout en peper

15 ml (1 e) olie

250 g broccoli, geblansjeer

250 ml (1 k) suurroom

skil van 1 suurlemoen

250 g tagliatelle, gekook

  1. Geur die hoenderblokkies met die sout en peper.
  2. Verhit die olie en braai die blokkies hoender in sarsies tot goudbruin.
  3. Voeg die broccoli en suurroom by en laat oor lae hitte prut tot die hoender en groente gaar is.
  4. Geur die hoendermengsel met die sout, peper en suurlemoenskil.
  5. Meng die pasta deur die hoendermengsel en sit warm voor.