400 g varkfiletrepies

sout

15 ml (1 e) olie

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5 ml (1 t) gerasperde gemmer

1-2 brandrissies, gekap

4 stingeluie, gekap

30 ml (2 e) soet sojasous

250 ml (1 k) aftreksel

250 g glasnoedels, geweek

koljanderblare

  1. Geur die vark met sout, verhit olie en braai in sarsies tot net gaar. Skep uit.
  2. Braai knoffel, gemmer, rissies en stingeluie tot geurig.
  3. Voeg die vark, sojasous en aftreksel by. Roer die noedels by en laat prut ’n paar sekondes. Roer die koljander in en sit voor saam met ekstra gekapte stingeluie en rissie.