Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

500 ml (2 k) groenteaftreksel

30 ml (2 e) olie

1 ui, fyn gekap

4 takkies tiemie

250 ml (1 k) arboriorys

250 g botterskorsie, in blokkies gesny

50 g botter

hand vol gerasperde parmesaankaas

sout en vars gemaalde swartpeper

1    Bring die aftreksel tot kookpunt in ’n kastrol oor matige hitte. Verminder die hitte en laat prut.

2    Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte en kook die ui tot sag. Voeg die tiemie en rys by en roer 1 minuut om met olie te bedek. Gooi ’n lepel vol van die pruttende aftreksel in en kook terwyl jy roer tot al die aftreksel geabsorbeer is. Roer die botterskorsie in en voeg nog ’n lepel vol aftreksel by. Laat kook soos voorheen. Voeg ’n lepel aftreksel op ’n slag by tot die rys gaar en die botterskorsie sag is.

3    Roer die botter, parmesaankaas, sout en peper in en sit voor.

- Hope Malau