Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min

Gaarmaak: 30 min

500 g botterskorsie, in blokkies gesny

3 knoffelhuisies

45 ml (3 e) olie

400 g pennepasta

250 ml (1 k) room

sout en peper

gerasperde parmesaankaas vir voorsit

basilie en diepgebraaide salieblare vir garnering

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Rangskik die botterskorsie en knoffel op ’n bakplaat, bedruip met die olie en rooster 15 minute.
  2. Kook die pasta in kokende soutwater volgens die aanwysings op die verpakking tot net gaar.
  3. Druk die geroosterde knoffelvlees uit die skille.
  4. Laat prut die room saam met die botterskorsie en knoffelvlees in ’n kastrol oor matige hitte tot dik terwyl jy roer.
  5. Voeg die gaar pasta by en sit voor gegarneer met parmesaankaas, basilie en diepgebraaide salieblare.