Genoeg vir 4 porsies

500 g botterskorsie

2 knoffelhuisies

1 ui

30 ml (2 e) olyfolie

30 ml (2 e) origanumblare

250 g spek

60 ml (4 e) pesto

80 ml mayonnaise

250 g penne-pasta

Voorverhit die oond tot 200 °C en sny die botterskorsie in blokkies.

Kap die knoffel en ui grof en rangskik al die groente in ’n oondbak.

Sprinkel die olyfolie en origanumblare oor en geur met sout en peper.

Bak 10-15 minute of tot gaar.

Sny die spek in blokkies en braai tot bros en gaar.

Meng die pesto en mayonnaise deur die spek.

Kook die pasta in soutwater tot al dente, dreineer en skep in ’n groot bak.

Meng die botterskorsieblokkies-en-uimengsel by die spek en skep dit op die gaar pasta.