Daar’s deesdae ’n hele verskeidenheid van goeie gehalte. Die geheim is om ook ander bestanddele by te voeg en dit op ’n interessante manier voor te sit. Dié gereg is ideaal vir vegetariërs.

Genoeg vir 8 mense.

PASTA

2 botterskorsies, geskil, ontpit en in 5 mm-skywe gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

50 ml olyfolie

500 g lasagnevelle

500 g gekoopte pastasous (romerige sondroëtamatie-en-pecorino)

KAASLAAG

450 g ricottakaas, deur ’n sif gedruk

2 eiergele, geklits

500 ml gerasperde mozzarellakaas

200 ml gerasperde parmesaankaas

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n diep oondvaste bak deeglik.

PASTA

Pak die botterskorsieskywe op ’n groot bakplaat.

Geur met sout en peper en sprinkel die olyfolie oor.

Bak 10 – 15 minute in die voorverhitte oond tot net sag.

Kook die lasagnevelle volgens die aanwysings op die pak.

Lig dit versigtig uit die kookwater met ’n gaatjieslepel en plaas direk in ’n bak met koue water.

Dreineer en pak dit uit op ’n skinkbord wat liggies met olie gesmeer is.

KAASLAAG

Meng die ricottakaas, eiergele en driekwart van die mozzarella- en parmesaankaas.

Skep ’n lagie van die pastasous op die boom van die voorbereide oondbak.

Bedek met ’n laag lasagnevelle.

Rangskik die helfte van die botterskorsieskywe daarop.

Skep die helfte van die kaasmengsel bo-op die botterskorsie.

Herhaal met ’n laag lasagne, pastasous, botterskorsie en kaasmengsel.

Eindig met ’n laag lasagnevelle, skep die res van die pastasous oor en sprinkel die orige mozzarella- en parmesaankaas oor.

Bak die lasagne 30 – 40 minute in die voorverhitte oond of tot goudbruin.

WENK As jy tussen klaarbereide pastasouse moet kies, is die beste aanduiding van gehalte die bestanddelelys agterop die bottel – hoe meer egte bestanddele en hoe minder preserveer-, kleur-, geur- en bindmiddels.

Volg Huisgenoot op Twitter.