Genoeg vir 4 mense

WITSOUS

90 ml botter

90 ml meel

1 L (4 k) melk

2,5 ml (½ t) neutmuskaat

20 ml (4 t) vars salie, gekap

sout en vars gemaalde peper na smaak

LASAGNE

8 velle lasagne

1 kg gaar botterskorsie, in blokkies gesny

2 wiele fetakaas

125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1. WITSOUS:

Smelt die botter in ’n dikboomkastrol en roer die meel daarby.

Voeg die melk geleidelik by terwyl aandhoudend geroer word.

Wanneer die sous dik is, geur met neutmuskaat, salie, sout en peper.

Verwyder van die hitte en hou eenkant tot benodig.

2. LASAGNE:

Smeer ’n lagie witsous onder in ’n oondbak, gevolg deur ’n laag van die lasagnevelle.

Rangskik die helfte van die blokkies gaar botterskorsie op die velle en krummel een wiel van die fetakaas oor.

Volg dan weer met witsous en lasagnevelle. Herhaal die proses nog een keer met die orige bestanddele, en eindig met witsous.

Sprinkel die mozzarellakaas oor die witsous en bak in ’n voorverhitte oond vir 30-35 minute of tot die lasagne-velle gaar is. Sit voor.