1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

15 ml (1 e) olie

500 g beesmaalvleis

1 blik (410 g) gekapte tamaties

50 g tamatiepasta

10 ml (2 t) suiker

sout en peper

500 g brooddeeg

200 g mozzarellakaas, die helfte in skywe gesny, die res gerasper

basilie

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Braai die ui en knoffel in die olie, voeg die vleis by en braai tot gaar.
  2. Voeg die tamaties, pasta en suiker by en geur. Laat prut tot geurig.
  3. Verdeel die deeg in 4, rol uit en besprinkle met kaas.
  4. Voeg die sous by en bedek met kaasskywe.
  5. Bak 20 minute. Garneer met basilie.