FRIKKADELLETJIES

500 g maer beesmaalvleis

1 ui, gerasper

2 snye witbrood, korsies verwyder en in water geweek

15 ml (1 e) maalvleisspeserye

SOUS

1 blik (410 g) gekapte tamaties

15 ml (1 e) suiker

125 ml (½ k) aftreksel

sout en vars gemaalde peper

PASTA

500 g spaghetti of tagliatelle

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Frikkadelletjies Meng alles en vorm okkerneutgrootte-balletjies. Verkoel 30 minute. Pak op ’n bakplaat en oondbraai 20-25 minute tot gaar.
  2. Sous Verhit alles in ’n kastrolletjie en laat prut ’n paar minute.
  3. Pasta Kook die pasta.
  4. Sit die frikkadelletjies voor op die pasta saam met die sous, parmesaanskaafsels en kruie.