500 g winkelbrooddeeg

60 ml (¼ k) uiemarmelade

125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper

125 ml (½ k) cheddarkaas of mozzarellakaas

500 g boerewors, gaar en in stukkies gesny

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verdeel die deeg in vier en rol rofweg dun uit in sirkels. Smeer die marmelade op die deegsirkels, pak op ’n bereide bakplaat en bak 10 minute.
  2. Verwyder uit die oond. Sprinkel die kaas op die pizzabasisse, gevolg deur die boerewors.
  3. Rooster die pizza verder tot die kaas gesmelt het en sny in skywe.