15 ml (1 e) olie

500 g boerewors

250 ml (1 k) halfgekookte rys

500-750 ml (2-3 k) beesvleisaftreksel

6 songedroogde tamaties, grof gekap

maalvleisspeserye, na smaak

  1. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die wors.
  2. Sny in stukke en gooi terug in die kastrol.
  3. Roer die rys by en bedek met die aftreksel.
  4. Sit die deksel op en laat prut tot die rys gaar is. Voeg nog aftreksel by indien nodig
  5. Roer die tamaties by, geur met die speserye en sit voor saam met vars kruie.