4 knoffelhuisies, fyn gedruk

15 ml (1 e) olyfolie

500 g seekosmengsel

250 ml (1 k) witwyn

sap en skil van 1 suurlemoen

125 ml (½ k) pietersielie, gekap

sout en vars gemaalde peper na smaak

250 g linguinepasta, gekook en gedreineer

  1. Braai die knoffel in verhitte olie. Voeg die seekosmengsel by en roerbraai effens.
  2. Roer die wyn deur en laat prut tot die seekos gaar is, sowat 7 minute.
  3. Geur met die suurlemoensap en -skil, pietersielie en sout en peper.
  4. Meng die pasta by. Sit voor met slaai.