500 ml witsous

30 ml (2 e) groenpeperkorrels

sout na smaak

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

500 g sampioene

150 g biltong

250 g pennepasta, gekook en gedreineer

  1. Meng die witsous en groenpeperkorrels en geur met die sout.
  2. Verhit die olie en braai die ui en knoffel tot geurig.
  3. Voeg die sampioene by, roer deur en braai tot gaar.
  4. Meng die uiemengsel en biltong met die witsous en roer deur die pasta.