Genoeg vir 4

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 5 min.

8 cm vars gemmer, fyngekap

3 knoffelhuisies, fyngekap

45 ml (3 e) sojasous

30 ml (2 e) moutasyn

400 g biefrepe

300 g Oosterse noedels

45 ml (3 e) olyfolie

100 g sampioene, in kwarte gesny

1 komkommer, in skywe gesny

45 ml (3 e) oestersous

’n hand vol kruisement

  1. Maal die gemmer en knoffel tot ’n pasta in ’n vysel en stamper. Skep die helfte van die pasta in ’n ander bakkie en meng die sojasous en asyn in. Voeg die beesvleis by, bedek goed en sit eenkant.
  2. Kook die noedels 3 min. in kokende soutwater tot al dente. Dreineer en verfris onder koue water; dreineer dan weer.
  3. Verhit die olie in ’n wok of groot braaipan en roerbraai die bief en sampioene 3 min. of tot amper gaar.
  4. Voeg die oorblywende gemmerpasta, noedels en komkommer in die wok en roerbraai 1 min. Voeg die oestersous en kruisement by, skep in opdienbakke en geur.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan