Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaak 15 minute

300 g linguine-pasta

olie

30 g botter

30 ml (2 e) meel

500 g biefrepe

15 ml (1 e) paprika

1 ui, in skywe gesny

200 g sampioene, in skywe gesny

250 ml (1 k) suurroom

’n hand vol vars pietersielie

sout en peper

suurlemoenskywe vir voorsit

  1. Bring ’n pot gesoute water tot kookpunt en kook die paste volgens die aanwysings op die verpakking tot net gaar. Dreineer en bedruip met ’n bietjie olyfolie om te keer dat die noedels aan mekaar kleef.
  2. Smelt die botter in ’n braaipan oor matige hitte en voeg 5 ml (1 t) olie by. Strooi die meel oor die beesvleis en braai 3 minute of tot verbruin in die olie. Roer die paprika, ui en sampioene in en braai 3 minute.
  3. Giet 45 ml (3 e) water in en draai die pan. Voeg die suurroom by en laat prut 3 minute oor lae hitte. Voeg die pietersielie by en geur met sout en peper. Sit voor oor die pasta met suurlemoenskywe.