Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20-30 minute

30 ml (2 e) olyfolie

30 g botter

1 ui, grof gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

1 seldery, grof gekap

1 wortel, geskil en gerasper

30 ml (2 e) pietersielie, grof gekap

500-600 g gaar oorskietribvleis, in repies gesny

1 blik (410 g) gekapte tamaties

5 ml (1 t) sagte bruinsuiker

200 ml droë witwyn

200 ml water

sout en vars gemaalde swartpeper

150 ml (²/³ k) room

300 g pasta van jou keuse

basilieblare om mee voor te sit

  1. Verhit die olyfolie en botter in ’n kastrol en braai die ui, knoffel, seldery, wortel en pietersielie ’n paar minute.
  2. Roer die vleis, tamaties, bruinsuiker, witwyn en water by die uimengsel in en laat 20 minute prut. Geur na smaak.
  3. Roer die room by en laat prut nog 10 minute.
  4. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pakkie, dreineer en skep in ’n groot opdienbak.
  5. Skep die vleissous oor die pasta en garneer met basilieblare.

WENKE

  • Vervang die oorskietvleis met beesmaalvleis.
  • Vul die ragù met spek aan as die vleis te min is.
  • Voeg knypies paprika, tiemie, roosmaryn, basilie of origanum en beesvleisaftreksel by vir ekstra geur.
  • Kook die ragù verder af tot ’n dik, geurige sous en gebruik dit as die vleisvulsel vir lasagne, pasteie, pannekoeke, tortillas, pitabrode en selfs as pizza-bolaag.