Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min

Gaarmaak: 2¼ uur

45 ml (3 e) olie

500 g beesvleis-ghoelasj

2 selderyestokke, fyn gekap

2 wortels, fyn gekap

2 uie, fyn gekap

400 g heel kersietamaties

’n hand vol basilie

3 lourierblare

400 g tamatiepuree

250 ml (1 k) water

sout en peper

pasta vir voorsit

  1. Verhit die olie in ’n groot pot oor matige hitte en verbruin die beesvleis goed.
  2. Voeg die seldery, wortels en uie by en kook tot sag en goudbruin.
  3. Voeg die tamaties, basilie, lourierblare, tamatiepuree, water, sout en peper by. Meng goed, bedek met ’n deksel en laat prut sowat 2 uur oor lae hitte.
  4. Sit voor saam met die pasta.