Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

30 ml (2 e) olie

400 g aspersie-, groenboon- en murgpampoentjie-mengsel

1 ui, gekap

125 ml (½ k) groenteaftreksel

sout en vars gemaalde swartpeper

400 g spaghetti

geroosterde amandels

gerasperde pecorino-kaas

PESTO

30 g vars pietersielie

30 g vars basilie

2 knoffelhuisies, fyngedruk

sout en peper

60 ml (¼ k) olyfolie

1 Verhit die olie in ’n pan oor hoë hitte en kook die groente tot sag. Roer die ui en aftreksel in en laat prut ’n paar minute.

2 Kook die spaghetti in kokende soutwater volgens die aanwysings op die verpakking.

Pesto: Puree die kruie, knoffel, sout, peper en olyfolie om ’n pasta te vorm. Roer dit in die warm pasta in en sit voor met die groente, neute en kaas.

- Hope Malau