GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 30 min.

250 g spek, grof gekap

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olie

250 g sampioene, in skyfies gesny

1 blik (410 g) Mediterreense gekapte tamaties

1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer

2 knoffelhuisies

5 ml (1 t) bruinsuiker

sout en pas gemaalde peper

250 g chorizo, in skyfies gesny

4 eiers

125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Verhit ’n pan en braai die spek tot bros. Skep uit en hou eenkant.
  2. Gebruik dieselfde pan, verhit die botter en olie en braai die sampioene tot gaar.
  3. Meng die spek, sampioene, gekapte tamaties, pitmielies, knoffel en bruinsuiker en geur met die sout en peper.
  4. Skep die mengsel in ’n oondbak en versprei die chorizo bo-oor.
  5. Maak 4 holtes in die tamatiemengsel en breek versigtig ’n eier in elke holte.
  6. Bedek met foelie en bak 15-20 minute of tot die eiers gaar is.
  7. Sprinkel die kaas oor en sit voor saam met roosterbrood.