Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min.

PLAATKOEKIES

3 x 250 ml (3 k) koekmeel

’n knippie sout

30 ml (2 e) bakpoeier

60 ml (¼ k) suiker

875 ml (3½ k) melk

2 eiers

30 ml (2 e) gesmelte botter

250 ml (1 k) wildebruinrys, gaar

30 ml (2 e) olie

SPEK

250 g strepiespek

30 ml (2 e) heuning

Voorverhit die oond tot 230 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. PLAATKOEKIES Meng die koekmeel, sout, bakpoeier en suiker. Klits die melk, eiers en botter saam. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele, giet die melkmengsel daarin en klits tot goed gemeng en sonder klonte.
  2. Meng die rys deur die plaatkoekiemengsel en hou eenkant.
  3. SPEK Pak die spek op ’n bakplaat en rooster 5 min. Giet die heuning oor en rooster nog 5-10 min. of tot bros.
  4. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan. Skep ’n lepel vol van die plaatkoekiemengsel in die pan. Draai om wanneer bruin aan die een kant en braai tot goudbruin en gaar aan die ander kant. Herhaal met die res van die beslag.
  5. Sit die plaatkoekies voor saam met die spek, ricottakaas, gekapte amandels en ekstra heuning.