LEWER 1 TERT VAN 30 CM

Bereiding: 30 minute

Baktyd: 45 minute

200 g spek, gekap

200 g chorizo-worsies, in

skyfies gesny

200 g cheddarkaas, gerasper

1 rooi-ui, in ringe gesny

15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap

45 ml (3 e) koekmeel

15 ml (1 e) mosterdpoeier of Engelse mosterd

sout en peper na smaak

250 ml (1 k) melk

4 eiers, geklits

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n diep oondvaste bak van 30 cm.

  1. Meng die spek, worsies, kaas, rooi-ui en pietersielie saam.
  2. Meng die meel, mosterd, sout en peper met die melk en eiers en voeg by die vleismengsel.
  3. Skep in die gesmeerde bak en bak 40-45 minute tot gestol.
  4. Sit warm of koud voor.