Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 25-30 min.

OMELET

30 ml (2 e) olie

15 ml (1 e) botter

2 uie, in dun skyfies gesny

6 groot aartappels,

in dun skywe gesny

sout en peper

8 eiers, geklits

KAMMA-CHORIZO

250 g spekstukkies

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5-10 ml (1-2 t) gerookte of gewone paprika

knippie rooipeper

1 ml (¼ t) vinkelsaadjies

VIR VOORSIT

1 Franse brood, in skywe gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Omelet Verhit die olie en botter saam in ’n groot pan. Braai die uie en aartappels oor matige hitte tot effens bros om die kante. Geur met die sout en peper.
  2. Giet die eiers oor, bedek met foelie en bak nog 20-25 min. in die oond of tot gaar en gestol.
  3. Kamma-chorizo Braai die spek in ’n verhitte pan tot bros. Voeg die res van die bestanddele by en roerbraai ’n minuut. Sprinkel oor die omelet en sit voor saam met die Franse brood en wilde roketblare.