Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 8 min.

Gaarmaak: 25 min.

8 eiers

30 ml (2 e) asyn

400 g varkmaalvleis

1 ui, fyn gekap

’n hand vol pietersielie, gekap

’n hand vol koljander, gekap

sout en peper

botter vir smeer en braai

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Verhit ’n pot water op die stoof tot kookpunt. Wanneer dit begin kook, plaas die eiers en asyn versigtig in die water. Kook die eiers 6 minute en laat in yskoue water afkoel.
  2. Dop die eiers versigtig af en sit eenkant.
  3. Meng die maalvleis, ui, kruie en geurmiddels saam in ’n bak. Verdeel die maalvleis met nat hande in agt dele. Vorm die maalvleis om die eiers. Sorg dat daar geen gate is of eier sigbaar is nie.
  4. Pak op ’n bakplaat en bak 10 minute in die oond tot die maalvleis geset het.
  5. Verhit ’n braaipan met ’n bietjie botter en braai elke eier alkante om dit ’n goudbruin kleur te gee.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers