500 g sampioene

45 ml (3 e) olyfolie

Sout en swartpeper na smaak

2 fyngekapte knoffelhuisies

400g baba-spinasie

250 g crème fraîche

VOORSIT

4 snye ciabattabrood

30 ml (2 e) basiliepesto

4 geposjeerde eiers

125 g gaar strepiespek

1 Sny die sampioene in skywe en verhit die pan met olyfolie.

2 Voeg die sampioene en knoffelhuisies by. Geur met sout en peper en braai todat sampioene sag is.

3 Voeg die spinasie by en braai tot die blare verlep het.

4 Voeg die crème fraîche by en roer todat dit warm is.

5 Rooster die ciabatta en smeer met pesto. Sit voor met die sampioengereg, eiers en spek.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

wenresep-logo-high-res

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.