Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

8 eiers

5 ml (1 t) grasuie, fyn gekap

60 ml (¼ k) room

sout en peper na smaak

15 ml (1 e) botter

50 g sampioene, in skywe gesny

45 ml (3 e) camembertkaas

8 snye brood

1.    Klits die eier, voeg die grasuie en room by en geur met sout en peper.

2.    Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte. Wanneer dit skuim, braai die sampioene 5 minute en giet die eiers by. Roer dit af en toe met ’n spatel of houtlepel vir 3 minute of tot amper geset.

3.    Verwyder die pan van die hitte en roer die camembert in. Sit die eiers saam met die brood voor.

- Hope Malau

Foto: David Briers