Genoeg vir 2 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 5 min. per omelet

VULSEL

1 ui (rooi of bruin),

in skyfies gesny

4 knoffelhuisies, fyngedruk

botter

230 g sampioene, in skyfies gesny

30 ml (2 e) tamatiepesto

3-4 skyfies camembertkaas per omelet

OMELETTE

botter

6 eierwitte

2 eiergele

sout en peper

  1. Vulsel Braai die ui en knoffel tot sag en gaar in die botter, voeg die sampioene by en braai tot bruin. Voeg die tamatiepesto by. Skep uit.
  2. Omelette Verhit ’n kleefvrye pannekoekpan en braai ’n bietjie botter daarin tot gesmelt.
  3. Klits die eierwitte styf, skep die helfte in die pan en maak gelyk met ’n spatel. Giet die helfte van die eiergele in ’n dun straaltjie oor die eierwit.
  4. Braai tot die omelet gaar van onder is en nie meer vassit aan die pan nie (die kante sal begin optrek).
  5. Keer versigtig om met ’n eierspaan en braai tot die ander kant ook net gaar is.
  6. Plaas die omelet op ’n bord, skep van die sampioene op, pak die camembert bo-op en vou toe. Sit dadelik voor. Herhaal met die res van die bestanddele.