Genoeg vir: 9

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min.

200 g strepiespek

Plaatkoekies

150 g pampoen, geskil en in stukke gesny

250 ml (1 k) bruismeel

5 ml (1 t) bakpoeier

250 ml (1 k) karringmelk

10 ml (2 t) kaneel

1 eiergeel

5 ml (1 t) strooisuiker

2 eierwitte, geklop

30 ml (2 T) olie

125 ml (½ k) donkerbruinsuiker

Botterkaramelsous

160 ml (? k) room

50g botter

250 ml (1 k) donkerbruinsuiker

10 ml (2 t) vanieljegeursel

  1. Plaas die pampoen in ’n pot met 30 ml (2 e) water, laat kook en verminder hitte en laat saggies kook tot sag. Druk die pampoen fyn tot glad.
  2. Sif die meel en bakpoeier in ’n groot bak en voeg die karringmelk, 2,5 ml (½ t) kaneel, eiergeel en suiker by. Klits om te meng.
  3. Voeg die fyngedrukte pampoen by en vou die eierwitte daarby in. Plaas ’n kleefvrye pan oor matige hitte en voeg ’n bietjie olie by. Skep lepels vol beslag in die warm olie en braai weerskante tot goudkleurig en opgepof. Meng die oorblywende kaneel en oorblywende suiker en laat staan eenkant.
  4. Botterkaramelsous: Voeg al die bestanddele in ’n kastrol oor lae hitte en kook tot die botter gesmelt en die mengsel goed gemeng is. Laat dit 10 min. saggies kook of tot die mengsel dik en blink is.
  5. Pak die spek op ’n bakplaat en laat dit 8 min. in oond bak. Bedruip botterkaramelsous oor die spek en sit dit vir nog 3 min. in die oond.
  6. Sit die plaatkoekies voor saam met spek en bedruip met botterkaramelsous.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander