Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10-15 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

BOLAAG

60 g ongesoute botter

1 klein ui, fyn gekap

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

125 ml (½ k) sampioene, grof gekap

15 ml (1 e) droë sjerrie

45 ml (3 e) salieblare, geskeur

sout en vars gemaalde swartpeper

OMELET

10 ekstragroot eiers

45 ml (3 e) emmental- of gruyèrekaas, gerasper

1 ml (¼ t) paprika

sout en vars gemaalde swartpeper

20 g ongesoute botter

basilieblare vir garnering

  1. BOLAAG Verhit die botter in ’n groot, kleefvrye pan en braai die ui en knoffel 1 minuut.
  2. Voeg die sampioene by en braai nog ’n paar minute of tot droog.
  3. Roer die sjerrie, salie, sout en peper by en braai tot die sjerrie weggekook het. Skep die vulsel uit en hou eenkant.
  4. OMELET Klits die eiers, kaas, paprika, sout en peper in ’n groot mengbak.
  5. Verhit die botter in dieselfde pan waarin die vulsel gaargemaak is.
  6. Voeg die eiers by die verhitte botter en roer 1 minuut liggies.
  7. Verlaag die hitte en braai tot die omelet begin stol. Skep die sampioenvulsel op die omelet en braai tot gaar.
  8. Sny die omelet in skywe, garneer met basilieblare en sit voor.