Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 40 min.

1 ui, fyn gekap

250 g streepspek, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5 ml (1 t) gerookte paprika

2 x 400 g-blikke cannellini-bone, gedreineer

400 g tamatiepuree

125 ml (½ k) tamatiesous

200 ml (¾ k) beesvleisaftreksel

30 ml (2 e) worcestersous

125 ml (½ k) bruinsuiker

sout en peper

brood en eier vir voorsit

  1. Braai die ui en spek in ’n groot pan oor matige hitte tot die spek goudkleurig en bros is.
  2. Voeg die knoffel en paprika by en braai ’n paar sekondes. Voeg die res van die bestanddele by.
  3. Laat prut 30 min. of tot verdik.
  4. Sit voor op die roosterbrood saam met ’n gebakte eier.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller